KLEUTERPRET KLEUTERSKOOL (LYTTELTON & MOREGLOED)

Waar elke maatjie belangrik is en leer deur speel, lekker werk en lag :)

Kleuterpret Kleuterskool bied 'n veilige, vriendelike omgewing waar kleuters leer deur speel, lekker werk en lag.

Ons vriendelike ervare personeel voorsien die nodige bystand om elke kleuter te help om tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Ons is 'n fenomenale span en meeste van ons personeel loop al die pad saam sedert Kleuterpret se begin in 2013.

Ons klassies is klein vir beter individuele aandag en ons onderrig is in Afrikaans. Klaskamers is ruim met baie natuurlike lig. Ons bederf elke Vrydag die kleuters met 'n spesiale dag vol pret, gaan loer gerus op ons Facebook blad.

Ons is geleë te 110 Rivierweg, Lyttelton Manor naby Laerskool Louis Leipoldt, Laerskool Doringkloof & by die NG Kerk Moregloed, 1187 Ben Swart Straat, Moregloed.

Ons verwelkom babas en kleuters ouderdom 4 maande tot 5 jaar en ons klassies is soos volg:


CENTURION

APIE KLAS (1 Juffrou & 1 Assistent)

Babas en peuters 4 maande tot 2 jaar (maksimum 12 maatjies)

Juffrou Chane & Tannie Lizzie


BESIE KLAS (1 Juffrou & 1 Assistent)

Kleuters 2-3 jaar (maksimum 15 maatjies) 

Juffrou Wijolize & Tannie Maria


UILTJIE KLAS - (1 Juffrou)

Kleuters 3-4 jaar (maksimum 15 maatjies)

Juffrou Giona 


BYTJIE KLAS - (1 Juffrou & 1 Assistent)

Kleuters 4-5 jaar (maksimum 15 maatjies)

Juffrou Magdeleine


MOREGLOED 

BYTJIE KLAS - (1 Juffrou & 1 Assistent)


Babas en kleuters 4 maande tot 2 jaar (maksimum 10 maatjies)


Juffrou Aletia & Juffrou Cathy



BOKKIE KLAS - (1 Juffrou)

Kleuters 2 tot 4 jaar (maksimum 10 maatjies)


Juffrou Marinda