KLEUTERPRET MOOT (NG KERK MOREGLOED)
KLEUTERPRET MOREGLOED is 'n klein groep, maksimum 20 klein lyfies met christelike waardes en ons voorsien alle etes en benodighede.
FOOIE 2025 - KLEUTERPRET LYTTELTON
R3600.00 vir alle Kleuterpret maats
R2950.00 per kind vir 2 of meer kinders
R500 jaarlikse registrasie
FOOIE 2025 - KLEUTERPRET MOREGLOED
R2500.00 (Alle ouderdomme van 4 maande tot 5 jaar)
R2200.00 per kind vir 2 of meer kinders
Geen registrasie vir 2025
Fooie is betaalbaar oor 12 maande, indien u verkies om u kind se fooie binne 11 maande te vereffen sal die fooie verskil van bogenoemde.
Jaarlikse verhoging is nooit meer as 10% vd huidige skoolfonds.
Skoolfooie sluit ALLE maaltye, skryfbehoeftes en benodighede* in. U pak slegs 'n sakkie met 'n waterbottel, sonskerm, hoed, 'n spaar stel klere en u stuur 'n kussing en kombers, wat weekliks huis toe gaan vir 'n was.
* Benodighede sluit nie doeke, wipes, boudjiesalf of formula in nie.
SKOOL TYE
Kleuterpret Kleuterskool is oop Maandag tot Vrydag, 6:45 vm tot 17:30 nm, ons is gesluit op publieke vakansie dae en naweke.
Kleuterpret Kleuterskool sal gesluit wees vanaf 13 Desember 2024 om 12 en heropen op 6 Januarie 2025.
ONDERRIG
Kleuterpret Kleuterskool volg 'n vasgestelde kurrikulum wat beskik oor 36 temas wat relevant is tot die leefwêreld, ouderdom en belangstellings van die voorskoolse leerder.
Ons onderrig is in Afrikaans en ons fokus op geletterdheid; gesyferheid en lewensoriëntering vir die voorskoolse leerder.
BELANGRIKE GELEENTHEDE & BUITEMUURS
Ons geniet jaarliks die volgende belangrike geleenthede:
Ouma & Oupadag, Skoolfoto's, Kermis & Atletiek, Konsert en 2 instappies.
Buitemuurs word Januarie bepaal vir die jaar na al die demo's. Gewoontlik is daar 'n keuse tussen rugby, krieket, drama, dans, kook en musiek.